Tien vrae: Stefan Blom oor Die waarheid oor verhoudings (2016)

Die oorspronklike artikel het verskyn op litnet: https://www.litnet.co.za/tien-vrae-stefan-blom-oor-die-waarheid-oor-verhoudings/

Stefan Blom vertel vir Naomi Meyer van sy boek Die waarheid oor verhoudings.

Hallo Stefan, jy is die skrywer van Die waarheid oor verhoudings. Wil jy dalk eers iets oor jouself vertel?

As ’n kliniese sielkundige woon en werk ek vir amper 20 jaar in Kaapstad. Elke dag werk ek met individue en paartjies wat probeer sin maak van hulle verhoudings, en dit sluit verskillende tipes verhoudings in, soos intieme en familieverhoudings en ook jou verhouding met jouself. My werk is stimulerend en kreatief; verhoudings interesseer my en ek leer elke dag oor wat ons gelukkig en seer maak. Ek voel bevoorreg om te werk met alledaagse mense wat (soos ek self) belangrike verhoudingslesse wil leer en bereid is om te werk aan hulle verhoudings om werklik gelukkig te lewe.

Continue Reading